Enige persoon wat sterf sonder ‘n testament se bates sal vererf in terme van die Wet op Intestate Erfreg, Wet 81 van 1987.
Hierdie Wet is van toepassing alle Suid-Afrikaanse inwoners, ongeag hoe ryk of hoe arm jy is.
Die Wet op Intestate Erfreg bepaal in watter volgorde jou bates vererf moet word wanneer jy sterf sonder ‘n testament.
Dit kan beteken dat mense van jou kan erf wat jy nie wil he moet van jou erf nie.
Dit is baie belangrik om ‘n testament te he. Iedere en elke persoon behoort ‘n testament te he, maak nie saak wie jy is of hoeveel bates jy het nie.
Die dood is ‘n sekerheid en ons weet nie wanneer dit ons tyd is om te gaan nie. Om ‘n testament te maak is nie iets wat jy wil uitstel nie, so hanteer dit liewer so gou as moontlik om latere probleme te vermy. Indien jy ‘n testament nalaat, dan weet almal wat jou wense is. Dit is ook makliker vir jou familie wat jy nalaat as hulle weet wat jou wense was.
Aangesien hierdie artikel handel oor persone wat sterf sonder ‘n testament, lees my artikel oor die opstel van testament .
Hier is ‘n paar regsterme wat jy sal teekom in ‘n bespreking aangaande boedels en testamente, beide waar persone sterf met ‘n testament of waar persone sterf sonder ‘n testament.
Oorledene - persoon wat gesterf het
Vererf - bates wat oorgaan na ‘n erfgenaam in terme van ‘n testament of in terme van die intestate erfreg
Boedel - alles wat jy besit in lewe of in dood. As persone getroud is binne gemeenskap van goed, besit alles wat hulle gesamentlik besit een boedel. Jou boedel sluit in al jou bates en ook al jou skulde.
Intestaat - waar ‘n oorledene sterf sonder om ‘n geldige testament na te laat
Testaat - waar ‘n oorledene sterf en ‘n geldige testament nalaat
Erfgenaam - enige persoon of instansie wat van ‘n oorledene erf
Eksekuteur - persoon wat benoem word in jou testament, of aangestel word deur die Meester van die Hoe Hof, om jou boedel af te handel na jou dood.
Per stirpes - indien die oorledene ‘n kind gehad het, maar daardie kind is oorlede. Indien die erfgenaam per stirpes erf, kan so ‘n oorlede kind verteenwoordig word deur sy/haar (die oorlede kind se) kinders, as so ‘n kind kinders gehad het. Indien so ‘n vooroorlede kind nie kinders gehad het nie, sal daar nie per stirpes vererwing kan wees nie. Sien die voorbeeld hieronder in hierdie artikel by punt 2.
Eggenoot - die man/vrou met wie die oorledene getroud was, of met wie die oorlede saamgeleef het asof hul getroud was
Dit is moontlik dat ‘n oorlede sterf en wel ‘n testament nalaat, maar dat die testament ongeldig is of verlore is of nie voldoen aan die vereistes van ‘n geldige testament nie. Of miskien het die oorledene ‘n geldige testament nagelaat maar dit kan nerens gevind word nie.
In al hierdie gevalle sal so ‘n oorledene se boedel vererf volgens die Wet op Intestate Erfreg en nie volgens die ongeldige testament se bepalings nie. Dit gebeur ook dat sekere dele van ‘n testament geldig is en sekere dele nie, of soos in een geval wat ons gehad het, waar daar net eenvoudig nie met al die bates gehandel is in die testament nie. Dan sal die dele waarna die testatement verwys en wat geldig is vererf in terme van die bepalings van die testament en daardie dele waarna die testament nie verwys nie sal intestaat vererf.
Dit is daarom baie belangrik om te vermy om te sterf sonder ‘n testament en indien daar ‘n testament is, seker te maak dat die hele dokument geldig is en voldoen aan die vereistes van ‘n geldige testament en dat daar gehandel is met die bates.
Alle skulde moet betaal word deur die boedel voordat die erfgename kan erf. Alle bates wat nie geld is nie, soos roerende (karre, meubels en soortgelyk) en onroerende (huise, plase, woonstelle) bates moet gewaardeer word deur ‘n geswore waardeerder so gou as moontlik na ‘n persoon se afsterwe.
As al die bates bymekaar getel word (met ander woorde die roerende en die onroerende bates, kontant, polisse, besighede), dan word die verpligtinge (skulde, uitgawes, belastings, kostes) daarvan afgetrek end it los ‘n netto boedel. Dit is hierdie netto boedel wat die erfgename sal erf.
Waar ‘n persoon sterf sonder ‘n testament of waar daar ‘n testament is en dit is ongeldig, is daar sekere reels wat bestaan wat bepaal wie sal erf van die oorledene en in watter volgorde.
Die lys hieronder gegee dien slegs as ‘n algemene bespreking en riglyn en is nie die algehele lys van die moontlikhede en regsbeginsels wat kan bestaan nie. ‘n Professionele persoon (soos die skrywer van hierdie artikel) behoort gekonsulteer te word sodat die feite van elke geval apart bekyk en omtrent geadviseer kan word.
Intestate vererwingsreels werk, onder ander, as volg:
Die eggenoot sal alles erf. Waar daar meer as een eggenoot is (soos President Zuma), sal elke vrou in gelyke dele erf. Indien die partye BINNE gemeenskap van goed getroud was, vererf net een helfte van die oorledene se boedel want die oorlewende eggenoot is eienaar van die ander helfte van die eiendom. Die eggenoot sal dus die oorledene se helfte van die eiendom ook erf en dus die hele eiendom dan besit.
Die kinders sal van die oorledene erf in gelyke dele. Die kinders sal per stirpes erf. Dit beteken dat indien ‘n persoon ‘n kind gehad het wat gesterf het en so ‘n kind het kinders nagelaat, sal daardie oorlede kind se kinders die oorlede kind se erfporsie erf. ‘n Voorbeeld is die volgende: Mnr Johan het sonder ‘n testament gesterf. Hy het 10 jaar gelede geskei en het 3 kinders gehad (Abie, Bennie en Chris). Abie het een kind gehad (Susan) en Abie is oorlede. Toe Mnr Johan sterf, het sy boedel as volg vererf:
Die drie kinders, Abie, Bennie en Chris erf elkeen een-derde van hul pa, Mnr Johan. Aangesien Abie reeds oorlede is, gaan Abie se een-derde na sy kind Susan toe vererf.
(Alle kinders van die oorlede sal erf, ongeag of so ‘n kind binne of buite ‘n huwelik gebore was, of indien ‘n kind aangeneem was of indien ‘n kind uit ‘n gebruiklike huwelik gebore is.)
In hierdie geval sal die eggenoot ‘n kindsdeel erf of R125 000, watter een ookal die grootste is.
Sodra die eggenoot se gedeelte van die boedel afgetrek is, sal die balans na die kinders toe gaan in gelyke dele. Weereens, per stirpes vererwing word toegelaat.
‘n Voorbeeld::
Mnr Johan sterf sonder om ‘n testament na te laat. Ten tyde van sy dood was hy getroud met Patsy. Mnr Johan en Patsy het drie kinders gehad, naamlik Danie, Bennie en Pieter. Mnr Johan se boedel was R250 000 werd met sy dood.
Die eerste stap is om uit te werk hoeveel persone moet erf: die eggenoot plus die kinders, dit is dus vier persone. Dan deel jy die waarde van die netto boedel deur die getal vier (of wat ookal jou antwoord is). Jy sal dan onmiddellik bepaal wat die antwoord is. Maar onthou dat die eggenoot mag nie minder as R125000 kry nie. So as jy die netto boedel deur die getal gedeel het (die vrou plus die kinders), en die antwoord is dat die vrou minder as R125000 gaan kry, stop jy al die somme daar en verreken R125 000 na die eggenoot toe eerste. Dan wat ookal oorbly, verdeel jy dan tussen die kinders. As daar niks oorbly nie, dan kry die kinders niks en die eggenoot alles. Kom ons gebruik ‘n voorbeeld:
Mnr Johan se boedel is R250 000 werd. Die eggenoot plus 3 kinders is 4 persone. R250 000 gedeel deur vier is R62,500-00 elk. Dit is te min vir die eggenoot, want sy moet R125 000 kry.
Die eggenoot kry dus R125 000 en dan is daar R125 000 oor. Hierdie R125 000 verdeel dan gelykop tussen die kinders, so elkeen kry R41 666-67.
Kom ons gebruik ‘n voorbeeld waar Mnr Johan se boedel groter is. Kom ons se die boedel is werd R600 000.
Mnr Johan se eggenoot moet R12 000 erf of ‘n kindsdeel. Die eggenoot plus die kinders is vier mense.
R600 000 gedeel deur vier is R150 000.
R150 000 is meer as R125 000, so die eggenoot sal R150 000 en die 3 kinders sal elkeen ook R150 000 erf.
Die ouers sal in gelyke dele erf. Indien Mnr Johan se boedel R250 000 werd was, sal elke ouer R125 000 erf.
Die ouer wat nog leef, sal een helfte van Mnr Johan se boedel erf. Die ouer wat oorlede is, se helfte sal na die oorlede ouer se 3 kinders (dus Mnr Johan se broers en susters) vererf.
Kom ons gebruik weer ‘n voorbeeld:
Mnr Johann het gesterf en was nooit getroud nie en het geen kinders nagelaat nie. Sy ma leef nog maar sy pa is 12 jaar terug oorlede. Sy ma en pa het vier kinders gehad , waarvan Mnr Johan een was. Daar is dus nou nog 3 kinders wat leef en hulle is Mnr Johan se broers /susters.
Mnr Johan se boedel was R300 000 werd. Gevolglik vererf sy boedel as volg:
Mnr Johan se boedel word in twee gedeel. Sy ma leef nog, so sy sal R150 000 erf. Sy pa se helfte van R150 000, sal vererf aan sy 3 broers/susters en elkeen sal dus R50 000 van hom erf.
In so ‘n geval sal die oorlewende ouer alles erf van Mnr Johan.
Dit kan gebeur dat beide ouers oorlede is en dat daar geen broers/suster is nie en in so ‘n geval bestaan daar nog reels oor vererwing. Ons gaan dit nie hier bespreek nie. Ons hou die artikel lig en interessant.
Hierdie bespreking is net om vir jou ‘n idee te gee hoe intestate verwerwing werk.
Indien mens nie ‘n testament laat opstel nie, kan jy nie gebruik maak van die metodes wat bestaan om jou boedelbelasting te verminder of die moontlikheid van aanspreeklikheid vir kapitaalwinsbelasting te vermy nie. Boedelbeplanning is nodig om seker te maak nie net dat jou bates op ‘n sinvolle manier vererf aan die persone aan wie jy dit wil laat vererf nie, maar dit is ook ‘n meganisme om te gebruik om jou belastingaanspreeklikheid te verminder.
Konsulteer maar liewer met ‘n professionele persoon om ‘n goeie testament op te stel, selfs al kos dit jou ‘n bietjie geld.